Caylyn Engels

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Finale jaar Arbeidsterapie student

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek droom al van kleins af om op die voorblad van ’n tydskrif te wees – en watter beter een as Sarie, wat soveel geluk en inspirasie vir soveel mense bring.

As ‘n finalejaar-arbeidsterapie student weet ek hoe uitdagend dit is om keuring te kry. Daar was tye wat ek moedeloos gevoel het, maar ek het steeds vasgeklou aan my droom – en kyk waar is ek nou.
Ek glo vas elke mens se droom is waardevol, en ek wil graag hierdie platform gebruik om ander aan te moedig om nooit moed op te gee nie.

Ek sien hierdie as ’n spesiale iets wat ek vir myself kan doen voor ek volgende jaar trou. Dit voel vir my soos die perfekte oomblik om die jaar af te sluit op ’n besondere en positiewe noot – ’n laaste droom wat ek vir myself wil waar maak voordat ek ’n nuwe hoofstuk in my lewe aanpak, as 'n arbeidsterapeut en getroude vrou.

Hierdie is nie net my kans om my eie droom te volg nie, maar dalk ook om ander te inspireer om hulle drome na te jaag.
’n Mens sê mos: wie nie waag nie, wen nie – en dis nou my waagkans!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Spontaan

3 woorde wat jou goed opsom:

Gedrewe, Sprankelend, Passievol

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media