Chanique Sequeira
Dorp/Stad waar jy woon:
Krugersdorp
Beroep:
Fotograaf / Sosiale Media Influencer
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het vir Sarie Voorbladgesig ingeskryf, omdat ek glo dat elke vrou met waardigheid en krag geskep is. Spreuke 31:25 sê: ‘Krag en waardigheid is haar kleed, en sy lag sonder vrees vir die toekoms.’ Dit herinner my daaraan dat ware skoonheid nie net aan die buitekant is nie, maar in hoe ons onsself dra met selfvertroue, geloof en genade. Ek wil jong vroue aanmoedig om hul waarde raak te sien, hul uniekheid te omhels en trots te wees op wie hulle is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Koester : Om liefderyk te vertroetel.
3 woorde wat jou goed opsom:
Vriendelik, Warmhartig, Liefdevol