Fran-zel van Huyssteen

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

professionele MC, stemkunstenaar, bemarkingspesialis en eiendomsagent.

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

As ’n mamma van twee en ’n besigheidsvrou wat nog altyd selfgedrewe en selfstandig was, glo ek dit is belangrik om doelbewus tyd vir jouself te maak – om te wys dat jy steeds sterk staan. Ek het ’n diepgewortelde passie vir mense, en my loopbaan was nog altyd gefokus op mense en hul behoeftes. Maar hierdie keer doen ek dit vir myself – om ná elke uitdaging in die lewe steeds met oortuiging te sê: Ek glo nog steeds in myself.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

fnuik

3 woorde wat jou goed opsom:

Mens-mens, Sorgsaam, Dromer

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media