Bernodette Venter
Dorp/Stad waar jy woon:
Witfield, Boksburg
Beroep:
Eienaar en entrepreneur in die skoonheidsbedryf
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
As ’n besigheidseienaar, vrou en ma van twee, leef ek daagliks in diens van ander, my kliënte, my gesin, my span. Ek is ‘n gee mens, maar ek het geleer dat ware skoonheid nie net in uiterlike versorging lê nie, maar in innerlike groei.
In my beroep as skoonheidsterapeut en as eienaar van B Unique het ek gesien hoe vroue letterlik en figuurlik blom wanneer hulle begin glo in hul eie uniekheid. Dis wat ek glo God vir elke vrou bestem het ’n unieke lig, ’n unieke pad, en ’n unieke doel.
My Geloof is my anker en my hoeksteen. Dit dra my deur tye van oorvloed en ondersteun my tydens stormtye. Ek glo dat elke vrou ‘n besonderse identiteit het en sy verskuldig is om haar eie menswees deur tyd te neem vir asem haal asook haar persoonlike behoeftes te prioritiseer en dit na te streef.
Ek is oortuig daarvan deur van Sarie se Voorbladgesig kompetisie gebruik te maak, dat dit sal dien as ‘n ikoon vir menigte dames. Nie net as ma of sakenvrou nie, maar as ’n vrou wat met grasie, krag en geloof leef. Ek wil vroue inspireer om hul eie uniekheid te omhels, hul stories te vertel, en trots te wees op wie hulle is en verder te groei
Want wanneer jy jouself toelaat om uniek te wees, word jy iets buitengewoon mooi. En dis wat my hart vir ander vroue is, moenie net mooi wees nie, B Unique.
Sarie vier vroue met storie, styl en siel, en ek glo myne het iets besonders om te sê.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde
3 woorde wat jou goed opsom:
Godvreesend, Uniekheid, Toegewydheid