Zuané Rossouw
Dorp/Stad waar jy woon:
Balfour
Beroep:
Bloemis
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf nie in omdat ek seker is ek sal gekies word nie, ek skryf in want ek het hoop in my dat dalk kan ek vrouens en meisies inspireer deur my stryd en storie van danser wie gestrewe het na perfeksie en toe ontwikkel ek anoreksie en bulimië, waar ek my pyn van trauma wou behandel deur selfkade, die verhaal van ek wat myself en die Here verloor, psigiatriese instituut op ouderdom 17, en hoe die Here my kom red en genees het deur blomme en die kuns van blomme rangskikking.
Ek wil my storie deel van my pad na self vergifnis en hoe ek kies om lief te wees vir my snymerke want selfs Jesus het littekens.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Digkuns
3 woorde wat jou goed opsom:
Selfstandig, Veerkragtig, Hardwerkend