Thelmané Wentzel

Dorp/Stad waar jy woon:

Frankfort & Potchefstroom

Beroep:

Influencer / Besigheidsvrou

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie voorbladgesig omrede ek nie net die gesig wil wees wat op die voorblad verskyn nie, maar ek die voorbeeld na buite wil uitstraal van wat dit is om selfversekerd te wees, om geloof te hê , om jouself daar buite te sit en die kans te waag om jou drome na te jaag. Ek wil die gesig wees van iemand wat deur trauma geggaan het en steeds glimlag, omrede sy op God vertrou. Ek glo in women empowerment , maar nie net women empowerment nie … ek glo in “human empowerment” , waar mens ander se goeie kwaliteite raaksien en mense motiveer om bo hulle omstandighede uit te styg. Ek wil die gesig wees wat vir jong meisies ń voorbeeld is van wat dit is om waardes te hê en wat dit is om in jouself en op God te glo en vertrou.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Tjailatyd – Die tyd van die dag wanneer die son sak en die lug 'n pragtige kleur aanneem.

3 woorde wat jou goed opsom:

Lojaal, Opreg, Vriendelik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media