Estelle Botha

Dorp/Stad waar jy woon:

Misgund

Beroep:

Apteker

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek was nog altyd ’n perfeksionistiese oordenker wat alles in my lewe haarfyn wil beplan. Vir my was dit die weg na ’n suksesvolle en goeie lewe, maar die prys betaalbaar is dikwels hoog. In Spreuke lees ons dat ’n knap vrou baie werd is, maar obsessie oor die fynere details kan maklik jou vreugde steel as jy nie versigtig is nie. ’n Mens kort balans. Met dieper geestelike introspeksie het ek mettertyd begin vrede maak met die onbeheerbare en meer in die oomblik begin leef, meer teenwoordig. Die Here leer my dat die lied in my hart moet bulder bo die geraas van bekommernisse. Hierdie inskrywing is ’n opwindende avontuur wat ek verwelkom en die uitkoms laat ek in die Here se hande.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Geluksalig

3 woorde wat jou goed opsom:

Gelowig, Doelgerig, Innemend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media