Jessica van Ede
Dorp/Stad waar jy woon:
Bloemfontein
Beroep:
LLB student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wil graag inskryf vir Sarie Tydskrif se voorbladgesig 2025 omdat ek glo dit is ’n wonderlike geleentheid om my drome na te streef en verder te groei in die modelbedryf. Ek skryf in vir die kompetisie omdat ek myself wil blootstel aan soveel nuwe ervaring as moontlik. Ek wil ‘n lewe vol verskeie ondervindinge hê. Ek wil eendag kan sê ek het die kans gewaag, en nie ek wens ek het. Die kompetisie is ‘n geleentheid om my selfvertroue te verbeter. Ek voel elke vrou is pragtig en uniek en dat ons nie onsself moet laat mislei deur die beeld wat baie keer voor gehou word as die perfekte vrou. Ons almal is besonders en ek hoop om vroue teinspireer wat nog steeds leer om hulle waarde te sien. Dat ons ons uniekheid moet vier deur op te staan en te glo in ons self.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Pampoenkoekies
3 woorde wat jou goed opsom:
Sorgsaam, Empaties, Lojal