Vanna Forster
Dorp/Stad waar jy woon:
Hillcrest, Durban
Beroep:
Bakker
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het Sistiese Fibrose en het 'n ongelooflike moeilike reis gestap, so in my jongmens lewe. Ek het onlangs so bietjie probeer fotografiese modelwerk aanpak, sommer meer om 'n stem te wees vir mense wat siek is en onsigbaar voel. Veral mense wat partykeer so gesond lyk aan die buitekant, maar in die binnekant is hulle baie siek. Dit spreek boekdele vir amper elke vrou wat ek persoonlik ken. Elkeen so spesiaal en uniek, maar elke een met verskillende omstandighede en uitdagings.
Ek skryf in vir Sarie Voorbladgesig, want ek voel Sarie verteenwoordig elke vrou – jonk en oud, so met ons ingewikkelde vroumens reise en uitdagings. Die lewe is so kort en ek voel, as mens 'n verskil kan maak met jou stem (en ook jou gesiggie), dan moet jy. Jy weet nooit wie jy dalk kan inspireer om net daai volgende stap te maak, daai droom te leef, of net selfs vir nog weer een dag hoop te kan hê nie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Liefde
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, lojaal, goedhartig