Abigail Oosthuizen

Dorp/Stad waar jy woon:

Gauteng

Beroep:

Makeup Artist

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het ‘n storie om te vertel, en die storie word deur my oë en glimlag vertel. Ek glo elke persoon het ‘n roeping in die lewe, sommiges het hoër roepings as ander – wat gaan jy maak met daai en hoe vertel jy mense van jou roeping anders as om deel te word van iets soveel groter as net jouself? “Skoonheid vergaan, maar deug bly staan” – die mooi wat ek wil wees vir ander mense moet van my hart af kom na hulle harte, nie van my oog na hul oog nie. Ons bly in ‘n wêreld vol lelik en daagliks is daar uitdagings vir elke liewe persoon, die doel is nie om dit moeiliker te maak vir mekaar nie, die doel is om dinge makliker vir mekaar te probeer maak. Dit begin by jou, dit begin by my. Hier is ek, reg om my mooi te deel en Sarie is die eerste deur waardeur ek wil stap…

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Genade (Grace)

3 woorde wat jou goed opsom:

Deernis, Ambisieus, Elegant

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media