Monique Strydom

Dorp/Stad waar jy woon:

Kempton Park

Beroep:

Student onderwyser

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir SARIE Voorblad gesig want ek het nog altyd geglo dat iemand met n bietjie skaamheid maar ook laf kan wees,die perfekte balans het. Dis presies wie ek is. Ek is nie iemand wat agter die skerms will bly nie. Ek wil iets beteken, inspireer en positiewiteit deel. SARIE is die perfekte platform om n stukkie van my wereld met die mense te deel. Ek bedoel as ek droom, dan droom ek groot en wat is beter as om op die voorblad van die land se gewildste tydskrif te wees? Ek het n passie vir my mense en hul stories. Ek is chaoties op al die perfekte maniere en dit is alles wat ek glo ander kan inspireer. Dit begin heel moontlik met SARIE Voorblad gesig. So… SARIE, hier is ek!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Paparellakoors

3 woorde wat jou goed opsom:

Warmhartig, Sag, Lewendig

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media