Carole Griffiths
Dorp/Stad waar jy woon:
Brits
Beroep:
LLB Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek wil graag inskryf omdat dit vir my 'n eer sal wees om deel te wees van 'n tydskrif wat die krag, styl en veelsydigheid van vroue in Suid-Afrika vier. Ek glo dat elke vrou haar eie storie het om vir die wêreld te vertel – en ek sal myne wil deel om ander te inspireer met egtheid, selfvertroue, ware skoonheid en elke vrou te laat glo sy is genoeg. Om op SARIE se voorblad te verskyn sal nie net 'n droom wees wat waar word nie, maar ook 'n geleentheid wees om vroue reg oor die land aan te moedig om hulself lief te hê net soos hulle is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Hoop
3 woorde wat jou goed opsom:
Saggeaard, Vasberade, Lojaal