Isabel_Rose Böning
Dorp/Stad waar jy woon:
PRETORIA
Beroep:
Pensionaris
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat elke vrou 'n storie dra van hoop,krag en mooiwees- en ek wil graag myne deel. Ek is trots op wie ek is: 'n Vrou van geloof, 'n dromer en 'n werklike voorbeeld dat dit nooit te laat is om jou drome uit te leef nie. Ek glo dat innerlike skoonheid,karakter en 'n hart wat ander dien, ware voorbladwaarde het.
Ek wil ander vroue inspireer- die wat dalk twyfel aan hul waarde, hul ouderdom, of hul pad in die lewe- om weer in hulself te glo.
Hierdie inskrywing gee my die geleentheid om my unieke lig te laat skyn, nie net vir myself nie, maar vir elke vrou wat daagliks opstaan en kies om voluit te leef.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Asemrowend
3 woorde wat jou goed opsom:
Stylvol, Passievol, Dromer