Elzet Nel
Dorp/Stad waar jy woon:
Cape Town
Beroep:
Aktrise
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Sarie is deel van wie ek is.
My Ouma se naam was Sarie (Sarah Cecilia Elizabeth Archer) , ek het altyd die parfuum samples uit haar tydskrifte gesteel en gedink ek is baie fancy as ek na grootmens parfuum ruik as ‘n 12-jarige meisie.
Sy het my geleer om spasie op te neem, nooit verskoning te vra dat ek so hard lag nie en bank vas te staan agter dit waarin (en waarvoor) ek glo – maar sag genoeg te bly om spasie te maak vir ander om ook hulle spasie op te neem.
Hierdie is ‘n ode aan my ouma Sarie, maar ek doen dit eintlik vir my ma.
Sy verdien ook om nie verskoning te vra vir hoe hard sy lag, of dat sy soms onwillekeurig huil nie.
Ek wens soms ek kon die maatjie vir haar wees wat by haar gestaan het terwyl die ander
maatjies haar op skool gespot het.
Hierdie is hoe ek dit doen.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Pantoffel!
3 woorde wat jou goed opsom:
Kleurvol, Veelsydig, Opreg