Larouché White
Dorp/Stad waar jy woon:
Pretoria Oos
Beroep:
4de Jaar Onderwys Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek het besluit om in te skryf vir die Sarie Voorbladgesig. Dis iets wat ek nooit voorheen sou oorweeg het nie—nie omdat ek nie daarvan droom nie, maar omdat ek altyd gedink het dis net vir ’n sekere soort vrou . Maar 2025 is vir my die jaar van groei, van moed, van om buite my gemakzone te leef. Die jaar waarin ek ophou wag vir die “regte tyd”
Ek wil hê ander vroue en jong meisies moet weet: jy hoef nie aan ’n spesifieke beeld van "mooi" te voldoen om gesien te word nie. Dis ’n wonderlike gevoel om gesien te word as mooi, maar dit beteken soveel meer as iemand vir jou sê: “Jou hart is mooi.” Want dít is die soort mooi wat nie met die oog vergaan nie.Dit’s in hoe jy liefhet, hoe jy lag, hoe jy opdaag vir ander – en vir jouself.
Jy is nie te veel of te min nie. Jy is net reg.
As my storie iemand anders net ’n bietjie moed gee om op te staan en haar eie lig te laat skyn, dan was dit alles die moeite werd. Want die wêreld het meer regte, rou, egte mooi nodig – en dalk, net dalk, begin dit by ’n eenvoudige besluit om te glo: “Ek is genoeg.”
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Piekfyn
3 woorde wat jou goed opsom:
Netjies, Sorgsaam, Opreg