Zanika Steynfaardt
Dorp/Stad waar jy woon:
Hartbeespoort
Beroep:
Honneurs Student
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek is tans besig met my Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde, gedryf deur ’n opregte liefde vir mense en ’n passie om ’n positiewe verskil in ander se lewens te maak. Op my pad het ek ook ’n persoonlike uitdaging aangepak: ek is met psoriase gediagnoseer, n chroniese velsiekte wat my selfvertroue beproef het. Dit was nie altyd maklik nie, maar dit het my sterker gemaak. Ek het geleer dat nie alles in die lewe verander kan word nie, maar dat ons wel kan kies hoe ons daarop reageer, met aanvaarding, moed en hoop. Deur my storie te deel, hoop ek om ander met psoriase te inspireer om hul eie unieke pad met selfliefde en trots te loop.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Honderd Persent
3 woorde wat jou goed opsom:
Vergewensgesind, Doelgerig, Empaties