Anchen VAN NIEKERK

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

Key Account Manager

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

In Oktober 2024 is ons 8 jarige dogtertjie met Rhabdomyosarcoma, ‘n rare vorm van kinder kanker, gediagnoseer. Hierdie mamma se wêreld het tot stilstand gekom. My liggaam het in skok gegaan, oorweldig met emosies, vrese, kommer, maar tog ook hoop en moed. Moed om elke dag op te staan, aan te gaan, sterk te wees. Nie net vir ons dogtertjie nie, maar ook vir ons 4-jarige seuntjie wat vasgevang is in die storm in ons huishouding. Hierdie mamma verdien ‘n bietjie pamperlang en bederf en om sommer net weer beter oor haarself te voel na hierdie wilde woeste 6 maande.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Rêrig!

3 woorde wat jou goed opsom:

joviaal, impulsief, dromer

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media