Bea Potgieter
Dorp/Stad waar jy woon:
George
Beroep:
Kliniese Sielkundige
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf in omdat hierdie inskrywing vir my ‘n vorm van rebellie is: teen wanhoop, teen moed opgee, teen die uitgelewerdheid wat jare se mishandeling, vernedering en trauma in ‘n vrou se menswees kan laat. Dit is my herrysing. My opstanding. Dis ‘n stille, maar vasberade verklaring: “Julle het my nie gebreek nie.”
Hierdie gaan nie net oor sigbaarheid nie…dis oor die hervestiging van waardigheid. Ek wil wys dat jy kan terugkeer na jouself, ligter, sterker, en met sagte oë wat weer durf droom. Ek doen dit vir die vrou wat ek was, vir die vroue wat nog vasgevang voel, en vir die vrou wat ek nou elke dag word.
As hierdie platform my help om hoop en heling wyer te dra: deur my stem en my storie, dan is dit genesing in aksie.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lig. Dis klein, maar dra gewig. Lig is hoop. Lig is waarheid. Lig is sagtheid EN krag. Na baie donker tye in my lewe, het ek besef dat lig nie net iets is wat jy sien nie, dis iets wat jy kan wees.
3 woorde wat jou goed opsom:
Vasberade, Deernisvol, Wondergretig