Janelle Uys
Dorp/Stad waar jy woon:
Heidelberg, Wes-Kaap
Beroep:
Finansiele Direkteur
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Die jaar 2024 was vir my as vrou 'n uitmergelende jaar gewees!!!!
My hele lewe het vroeg Januarie 2024 uit mekaar geval, my selfbeeld is in stukke verskeer. Die hartseer en verleentheid moes ek vat soos 'n groot meisie om my kinders te beskerm. Ek moet wys dat ek as vrou en mamma, van my 9 jarige seuntjie en 5 jarige dogtertjie, werd is en nie net so weg gegooi kan word nie. Die duiwel wat ons lewe betree het moes ek vinnig versmoor het en "haar" weg van ons af gekry het. My Here dra my deur al die hartseer, verleentheid en kwaad. Deur hom kan ek die lig aan die einde van die tonnel sien, deur hom is ek in staat om sterk te wees. Ek moes intree as die sterk een vir ons gesin. Ek glo vas dat ek 'n getuienis het om te lewer dat ons vrouens is baie sterker as wat ons dink. Ek wil vir myself wys dat ek behoort en dat ek wel goed genoeg is. My trane sit vlak, die stemmetjie in my kop praat baie maar ek gaan inskryf want ek as Janelle Uys is wel uniek, ek is die Here se kind.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Allewêreld
3 woorde wat jou goed opsom:
Onstuitbaar, Rein van hart, Lojaliteit