Tania Kok

Dorp/Stad waar jy woon:

Johannesburg

Beroep:

Bestuurder en Deeltydse Fotograaf

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in vir Sarie se Voorbladgesig, want van kleintyd af droom ek daarvan om deel te wees van die modewêreld. Fotografie was vir my die eerste manier om ’n stukkie van daardie droom waar te maak — ’n manier om kreatief te wees en herinneringe vas te vang.

Ek glo elke vrou het iets besonders om die wêreld te bied. Ek wil ander inspireer om hul eie plekkie vol te staan — nie eers wanneer alles perfek is nie, maar sommer nou, net soos jy is. Elke dag is vir my ’n kans om iets nuuts te leer en nog ’n tree nader te beweeg aan my volle potensiaal.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

sonnetjie

3 woorde wat jou goed opsom:

Intelligent, Vasberade, Kreatief

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media