Christille Koen
Dorp/Stad waar jy woon:
Bellville
Beroep:
Tuisteskepper
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek skryf my Mamma vandag in want sy doen altyd so baie vir ons en veral my spesiale gestremde sussie en niemand verdien dit meer as SY NIE!!
Sy is 'n styl-ikoon en mens kan haar wraggies net elke dag deur 'n ring trek!
SY is verseker n voorbeeld vir soveel ander vrouens wat moontlik nes ons familie 'n spesiale mensie in hul lewe het wat al daardie mamma se tyd en aandag benodig , van doeke ruil , tot nagte se omdraai en min slaap , en steeds opstaan elke dag na moeilike nagte en aantrek, lippies op sit en die dag ten volle aanpak!
Mamma is verseker 'n inspirasie vir ander, nie net vir ander nie , maar vir my as haar dogter , is sy die mooiste voorbeeld van wat werklike moeder liefde is!
Een van God se engele op aarde!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Lekker
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefdevol, Geduldig, Versorgend