Simoné Greyling

Dorp/Stad waar jy woon:

Benoni

Beroep:

Rekening bestuurder

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf in nie net vir die gesiggie op n tydskrif nie, ek skryf in om my storie te vertel. Om n grootter bewusmaking te skep rondom geestesgesondheid. Ons lewe in n tyd waar almal jaag na wind, maar stop nie om te dink aan hulle eie welstand nie. Ek wil n “dis okei om vir hulp te vra” kultuur skep.
Ek is ook ongelooflik passievol oor “weggooi babas” – as ek dit so kan stel. Babas wat op ashope gelos word en weggee word vir babahuise. Daai kindertjies kon nie kies om hulle lewe so te begin nie, maar met die regte mense en hulp kan hulle n merkwaardige lewe lewe!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Skoenlapper

3 woorde wat jou goed opsom:

Vrolik!, Empatie, Vriendelik

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media