Michelle Reynolds

Dorp/Stad waar jy woon:

Bloemfontein

Beroep:

Stilis

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Die Sarie tydskrif is n platform waarmee ek groot geword het as n kind. Met elke uitgawe het ek en my ma bladsy vir bladsy deur gegaan. Ek het nie alles verstaan as n jong meisie nie, maar soos ek ouer geword het, het ek meer belangstelling getoon. Ek het elke keer die prentjies uitgesny as my ma klaar was met die laaste uitgawe en so het ek myself begin inleef in die perfekte prentjie van wie en wat ek is. Die Sarie tydskryf is nie net enige tydskrif nie. Dit is sy, sy lewer kennis,insig , advies en vertel stories van Suid-Afrikaanse vrouens wat n verskil wil maak. Ek wil n verskil maak. Ek is passievol vir vrouwees. Daar is twee goed wat belangrik is vir my as n jong dame, dis individualiteit en kreatiwiteit. Dit is twee aspekte wat vir my, wat hand aan hand loop. Ek glo , ons elkeen is ons eie mens, en ons moet daarna streef elke dag.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Poplap

3 woorde wat jou goed opsom:

Energiek, Kreatief, Outentiek

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media