Marie Raath
Dorp/Stad waar jy woon:
Bela Bela
Beroep:
Huisvrou
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Vandag skryf ek nie myself in nie maar ek skryf my tannie in.
Haar naam is Marie maar almal noem haar Mie.
Tannie Mie is merkwaardig. En ek weet almal se hulle familie is, maar ek weet dat Mie is.
Mie lewe naby aan God, sy praat saggies wanneer sy sien dit wat jy nodig het en hard as sy sien dis wat gaan werk.
Haar woorde is pleisters wat jy nooit gedink het jy het nodig nie.
Mie is stylvol, elegant, snaaks en slim. Haar voete was al op sypaadjies reg oor die wereld en as sy Haar stories en avonture begin vertel hang jy aan haar lippe.
Haar hart is groter as n putco bus. Daar is altyd genoeg kos, dis nooit teveel moeite om nog n plek te dek aan tafel nie en daar is meer as genoeg slaap plek. ALTYD!
Mie se huis ruik soos n kersoggend. Bietjie gemmer en bietjie vanielje, vasgebind met liefde.
Sy lag die lekkerste in haar kombuis as haar potte prut terwyl sy met haar liefdes gesels.
Mie is medisyne. Mie is liefde. Mie is saggies en nederig en Mie is kosbaar.
Jy kan haar deur 'n ring trek, elke sekonde van die dag en sy lewe vir alles wat mooi is en het die gawe om alles mooi te maak waarokal sy gaan. Mie het 'n manier om almal om haar goed te lat voel, sonder om noodwendig iets te sê. Sy heg waarde aan tyd en saam wie sy dit spandeer.
Ek wens Mie kan weet hoe kosbaar en besonders sy is. En dat ons haar onvoorwaardelik lief het omdat sy ons so lief het.
Ek skryf vir Mie in vandag, want so 'n mooi persoon verdien om op 'n voorblad te kom. Sy is lig en almal sal dit voel as hulle om haar is.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Kolwyntjie
3 woorde wat jou goed opsom:
Liefde, Nuuskierig, Teenwoordig