Susan Muller

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

BA Digitale Bemarking en Kommunikasie Student (3de Jaar)

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Hierdie is al die 5de jaar wat ek inskryf om op die voorblad te verskyn van die Sarie Tydskrif. Ek het ongelooflike deursetting vermoe en sien elke struikelblok as iets nuuts om te leer en verbeter. Ek wil graag dit ook vir ander vrouens leer, jou situasie beperk jou nie maar dit is daar om jou te leer groei. Die word ook geondersteun deur my organisasie STOP Foundation waar ek mense motiveer om te leer oor geestelike gesondheid en boeliegedrag. My doel is om alle vroue van alle generasies te leer dat jy kan vir hulp vra en moet nie bang wees om jou storie te deel nie, want jy is nie alleen nie. Ek wil ook graag by meer skole gaan praat oor my platform en ook vir mense wys wie ek rerig is. Ek het n groot liefde om vir mense te help en ek glo hierdie platform is presies wat ek nodig het om daaardie impak en verandering te maak. Soos my organisasie se "Wees die verandering wat jy wil sien in die wereld." Ek wil daardie lig wees vir almal en vroue motiveer om daardie lig te vind.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

bloeisels

3 woorde wat jou goed opsom:

liefdevol, sosiaal, empaties

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media