SARIE Voorbladgesig: Hier’s jou reëls
- Jy moet minstens 18 wees en matriek voltooi het (nie in 2020 in matriek wees nie).
- Jy moet ’n SA of Namibiese burger wees.
- Skryf met drie verskillende foto’s in.
- Drie foto’s word toegelaat as ’n JPEG, PNG of BMP en dit moet kleiner as 4 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie. Onderaan hierdie blad verskyn riglyne vir jou 3 foto’s.
- Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie.
- Inskrywings sluit op 31 Mei om 00:00.
- 40 semifinaliste word gekies: die beoordelaars kies 36, PLUS julle, die lesers, kies vier uit die SARIE Voorbladgesig-inskrywings. Jy kan vir jou gunsteling stem van 17 April tot 31 Mei om 00:00.
- Die 40 semifinaliste sal gevra word om ’n video van 30 sekondes te maak en hulself bekend te stel (’n voorbeeld van só ’n video sal aan elkeen verskaf word).
- Hul inskrywingsfoto’s verskyn in die September-uitgawe.
- Die Top-10, gekies deur die beoordelaars, se inskrywingsfoto’s verskyn in die Oktober-uitgawe.
- Hierna verskyn hulle in die November-uitgawe waarvoor hulle in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem word.
- Die wenner, gekies deur die beoordelaars, verskyn op SARIE se Desember-voorblad – die gróót prys!
- Die wenner word aangewys voordat die Desember-uitgawe te koop is.
- Die keuse van die wenner en finaliste berus op die beoordeelaars. Die beoordeelaars se beslissing is finaal en geen verdere gesprek sal daaroor gevoer word nie.
LET WEL: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.
Besoek ook die algemene navrae as jy verdere vrae het.