Is jy vanjaar ons SARIE Voorbladgesig?

Dis die 10de jaar van SARIE Voorbladgesig en die wekroep in 2020 is #JyIsGenoeg – daarmee bedoel ons jy is genoeg om ook op ons voorblad te wees. 

Die wenner gaan op SARIE se Desember-voorblad verskyn en saam met die finaliste ’n kans kry om duisende mense te inspireer. Boonop gaan jy in voorblad-styl afgeneem word én jou storie word op SARIE se digitale platforms gedeel.

Skryf in! Of, as jy iemand ken wat jy glo op SARIE se voorblad hoort, skryf haar in

#SARIEvoorbladgesig