SARIE Nuwe Gesig: Hier’s jou reëls
- Jy moet tussen 16 en 18 wees en nog nie matriek voltooi het nie (graad 10 tot graad 12).
- Jy moet jouself inskryf en nié deur familie of vriende benoem word nie.
- Jy moet ’n SA of Namibiese burger wees.
- Inskrywings sluit Sondag 31 Mei om middernag.
- Skryf met drie verskillende foto’s in. Drie foto’s word toegelaat as ’n JPEG, PNG of BMP en dit moet kleiner as 4 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie. Onderaan hierdie blad verskyn riglyne vir jou 3 foto’s.
- Foto’s met digitale filters sal nie oorweeg word nie.
- Ons wil ook sien hoe jy woeker met #SARIEnuwegesig op sosiale media. Die beoordelaars sal dit in berekening bring wanneer die top-10 gekies word.
- Die top-10 en die wenner word op SARIE.com aangewys.
- Die wenner word aangekondig in SARIE se September-uitgawe.
- Die keuse van die wenner en finaliste berus op die beoordeelaars. Die beoordeelaars se beslissing is finaal en geen verdere gesprek sal daaroor gevoer word nie.
LET WEL: Administrasiegeld van R100 per inskrywing is betaalbaar.
Besoek ook die algemene navrae as jy verdere vrae het.