Is jy vanjaar ons SARIE Nuwe Gesig?

Vanjaar het ons ’n splinternuwe wedstryd: SARIE Nuwe Gesig. Dit is deel van SARIE Voorbladgesig en almal tussen 16 en 18 (graad 10 tot graad 12) kry die kans om ontdek te word.  

Dié wenner word op ’n unieke manier op SARIE se September-voorblad aangekondig en kry ’n wegspringplek om haarself aan die wêreld bekend te stel op SARIE se digitale platforms.

Skryf jouself in en deel jou inskrywing op Instagram, Facebook, Twitter of TikTok met #SARIEnuwegesig. Jou kreatiwiteit aanlyn sal in ag geneem word deur die beoordelaars – dis ons manier om jou te leer ken, so wys ons wie jy is!

#SARIEnuwegesig