Suzanne van Zyl

Dorp/Stad waar jy woon:

Stellenbosch

Beroep:

Psigometris intern

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

My ma wil baie graag hê ek moet inskryf! Maar ek doen dit beslis nie net vir haar nie, maar hierdie keer ook vir my. Op hierdie foto's is ek die gelukkigste wat ek nog ooit was: 'n volkome geliefde vrou by die Godgegewe man van my drome. Ek kon glo nie dis ék nie. Ons liefde laat my straal. Ek het 'n ver pad gekom van waar ek jare gesukkel het met my selfbeeld en selfvertroue weens verskeie ervaringe as jong skooldogter wat geglo het sy is nooit genoeg nie. Dit is steeds so moeilik om myself so bloot te stel, maar ek het nou 'n baie beter verhouding met myself. Ek is volkome vrou, geliefd, berese en steeds besig om kliphard te bou aan my loopbaan. Die jong skooldogter het plek gemaak vir mý, steeds effe onseker, maar baie meer waaghalsig en dapper! Daarom wil ek graag myself uitdaag om te bewys dat ek sterk én goed genoeg is om te waag. Daar is geen beter tyd as nou nie!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Holderstebolder

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Opreg, Saggeaard

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media