Simoné Reynhardt
Dorp/Stad waar jy woon:
Hopetown
Beroep:
Produksie Bestuurder
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Sarie is vir baie vrouens 'n vriendin, vertroueling, "escape route".
As 'n Mamma van 'n pragtige 16 maande oue dogtertjie wil ek die platform gebruik om vrouens te bemoedig en te inspireer om elke weergawe van hulself lief te hê; om met sagte oë na hulself te kyk en selfaanvaarding te kweek.
Hoe kan jy vir iemand anders lief wees as jy nie eers vir jouself lief is nie?
Ons moet mekaar opbou! Woorde maak saak.
Vrouwees moet elke dag gevier word, maak nie saak in watter fase van jou lewe jy is nie.
Vrouwees bly 'n heerlike ontdekkingsreis!
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Verruklik
3 woorde wat jou goed opsom:
Raakvatter, Groothartig, Sprankelend