Margo Van Zyl

Dorp/Stad waar jy woon:

Vredendal

Beroep:

Skoonheidsterapeut

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Kom ons weer eerlik… Alhoewel ek nie hierdie jaar daaraan gedink het om in te skryf nie, was die feit dat die inskrywings se afsnydatum verleng is, vir my bietjie van n teken om dit tog wel te doen!
Ek is 'n vrou met 'n sagte hart en 'n liefde vir die lewe in al sy vorms. Ek glo ware skoonheid lê in aanvaarding – van jouself en van jou unieke pad. Ek is nie perfek nie, maar ek is eg, en ek glo elke vrou verdien om gesien en gehoor te word. Hierdie kompetisie is vir my ’n viering van vroulikheid en selfvertroue – iets wat ek met trots uitleef.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Manewales

3 woorde wat jou goed opsom:

Saggeaard, Passievol, Lojaal

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media