Johandri Johnson

Dorp/Stad waar jy woon:

Pretoria

Beroep:

Mediese verteenwoordiger, deeltyds ook ‘n beïnvloeder

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek het ‘n ongelooflike groot passie en droom vir vrouens, ek wil graag vrouens help om hulle self te wees en om die mooi in hulself raak te sien. Ons almal is tog so uniek ek glo vrouens kyk op na my omrede ek goed na my liggaam en voorkoms omsien, ek wil deur dit hulle help en wys dat dit kan gedoen word maak nie saak hoe besig jou lewe is nie! Daarom is ek tans besig met Wellness dae wat ek reel vir vrouens om by mekaar te kom!
Ek het besef ek is anders oor ek op die stadium deel is van The mommy club van die Hoofstad wat tans op showmax te siene is!
Ek is sag en voel dat mens nooit hoef hard te praat of altyd iets te sê om jouself voor te bring nie en dat jy ten spyte van dinge in jou lewe steeds die mooi kan raaksien, en as ek net een vrou se lewe en denkwyse oor haarself kan verander is ek gelukkig!!
Daarom as ek boodskappe kry van vrouens wat vir my sê hulle relate met my op die program maak dit my hart vol!

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Fantasmagories

3 woorde wat jou goed opsom:

Stylvol, Doelgerig, Nedering

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media