Gabrielle van der Watt

Dorp/Stad waar jy woon:

Durbanville

Beroep:

Eienaar en Bemarkingshoof vir Visuelle

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Ek skryf vir Sarie Voorbladgesig in, omdat my reis een van selfaanvaarding 'n diep persoonlike groei was. As kind het ek gesukkel met fisiese onsekerhede, altyd gestreef na die onrealistiese ideaal van die “perfekte” lyf, “vlekkelose” vel en om altyd perfek aangetrek te wees. Maar met tyd, ervaring en genade het ek besef dat perfek nie bestaan nie. Ware skoonheid lê in uniekheid, selfrespek en om jouself lief te hê in elke seisoen van jou lewe. Ek het geleer hoe belangrik dit is om vir jouself op te daag en om jou liggaam te versorg, jou storie te eer en te omhels wie God jou gemaak het om te wees.

Ek skryf in om die jonger weergawes van myself te inspireer: om te wys dat ’n voorbladgesig enige gewone vrou kan wees, Dis oor hoe jy opdaag, met selfvertroue en eiegeregtigheid, trots op wie jy is en waarvoor jy geroep is.

En, om eerlik te wees, sommer ook net vir die lekker daarvan, vir die pret, die uitdaging en die avontuur om iets nuuts en opwindends aan te pak. Die lewe is te kort om nie sulke geleenthede aan te gryp nie.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Pantoffel

3 woorde wat jou goed opsom:

Gebalanseerd, Empaties, Konsekwent

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media