Deléne de Lange

Dorp/Stad waar jy woon:

Nelspruit

Beroep:

Grafiese Ontwerper

Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:

Om op SARIE se voorblad te verskyn is ’n droom wat al jare lank in my hart leef. Ek het ’n lang pad van selfaanvaarding en genesing gestap ná ek as tiener emosioneel geboelie is en my selfvertroue verloor het. Maar deur genade het ek weer geleer om myself lief te hê – soos God my sien.

Ek het ’n diep passie om ander vroue te inspireer, bemoedig en Jesus se lig deur my lewe te laat skyn. ’n Eenvoudige kompliment van vrou tot vrou dra soveel krag – en ek glo SARIE doen juis dit: dit bou op, vier vroue en dra hoop.

Om deel te wees van iets wat só mooi, eg en betekenisvol is, sal vir my ’n ongelooflike eer wees.

Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:

Sprankel

3 woorde wat jou goed opsom:

Liefdevol, Warmhartig, Sprankelend

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media