Anke-Marie Heymans
Dorp/Stad waar jy woon:
Potchefstroom
Beroep:
Dieetkundige
Hoekom skryf jy in vir SARIE Voorbladgesig?:
Ek glo elke vrou dra ’n storie in haar vol krag, sagtheid en ‘n unieke lig wat net sy kan uitstraal. Ek is ’n vrou, mamma en entrepreneur wat al deur uitdagings gegroei het maar gekies het om steeds op te daag met ’n glimlag, ’n warm hart en ’n passie vir mense.
Ek het nog altyd geglo in die skoonheid van egtheid. Daarom is hierdie inskrywing vir my nie oor uiterlike voorkoms nie, maar oor om ander vroue te inspireer om hul eie lig te laat skyn.
Jou gunsteling-woord in Afrikaans?:
Appelliefie
3 woorde wat jou goed opsom:
Passievol, Liefdevol, Standvastig