1. Tuis
  2. /
  3. Voorbladgesig

Is jy vanjaar ons SARIE Voorbladgesig?

Kom wees in 2021 óns inspirasie! Ons wekroep vir 2020 geld vanjaar selfs meer: #JyIsGenoeg – daarmee bedoel ons jy is genoeg vir die lewe en jy is ook genoeg om ons voorbladster te wees.

Vanjaar se Voorbladgesig-wenner gaan op SARIE se November/Desember-voorblad verskyn en die kans kry om duisende mense te inspireer. Jy gaan in voorblad-styl afgeneem word en jou storie gaan in die tydskrif en op al SARIE se digitale platforms gedeel word.

SARIE Voorbladgesig 2020, Nicqie Robinson, het verlede jaar verklaar: “Hierdie is my jaar!”

Is 2021 jóú jaar?

#SARIEvoorbladgesig